Oorweeg die verskillende opsies. Moenie die eerste beste prokureur gaan raadpleeg nie.  Doen jou navorsing en lees op oor mediasie en samewerkende egskeidingsreg. (Collaberative Divorce Practice) en ander alternatiewe geskilbeslegtigings metodes voordat jy besluit om te litigeer en die hofproses te volg.  Egskeidings kan tradisioneel etlike jare duur en kom dit teen ‘n baie groot koste finansieel, asook emosioneel.

Kinders se beste belang.Alle kinders, ongeag hulle ouderdom, word deur ‘n egskeiding geaffekteer. Dit is uiters belangrik om te alle tye nie negatief van die ander ouer voor die kinders te praat nie.  Poog om met die nodige respek met die ander ouer te kommunikeer. Dit is meestal baie gevra en uiters moeilik, maar van onskatbare waarde vir die kinders ten opsigte van hulle verhouding met beide hulle ouers.Moenie oorhaastige besluite neem nie.Hierdie tyd is baie traumaties en onstuimig. Probeer om nie groot besluite te neem, soos om jou huis te verkoop, uit te trek of van werk te verander nie, tensy dit ‘n deurdagte besluit was.  Bespreek dit eers met jou prokureur.Kry professionele advies.
Praat met professionele persone, soos ‘n finansiële raadgewer, oor hoe die pad vorentoe moet lyk,  Konsulteer met ‘n maatskaplike werker of sielkundige indien jy of die kinders berading en bestand benodig.  Hierdie mense is opgelei om jou by te staan in hierdie traumatiese tyd en sal die proses van besluitneming vergemaklik.Finansiële inligting
Kry soveel as moontlik finansiële inligting bymekaar. Bankstate, salarisstrokies, versekering, polis inligting, pensioenfonds waardes en inkomste en uitgawe state gaan reeds vroeg in die proses nodig wees.Hoe lank neem die proses
Dit gaan afhang watter proses jy kies, maar dit is belangrik om geduldig te wees. Egskeidings gebeur nie oornag nie. Wees eerder van die begin af deeglik met die bymekaar maak en uitruil van inligting, aangesien ‘n finale egskeidingsbevel nie maklik verander of gewysig kan word nadat die hof dit toegestaan het nie.Kies die “regte” prokureur
Net so belangrik as om die regte proses te kies, is dit belangrik om die “regte” regsverteenwoordiger te kies. Hierdie persoon moet jou bystaan en adviseer in een van die moeilikste tye van jou lewe en daarom moet jy hulle kan vertrou en gemaklik voel dat hulle jou ondersteun. Hulle spesialiteitsveld moet familiereg wees om te verseker dat jy in die regte hande is.