Buiten dat egskeidings traumaties is, raak dit in baie gevalle ook smerig.  Ek is onlangs deur n egskeiding en het van die begin besluit om trauma tot die minimum te beperk en smerigheid te vermy.  Die een ding is wat soos n berg voor my gele het, is dat ek en my ex-vrou verskillende regspanne het en dat die n kat en hnd geveg raak oor besittings.  Ek het van die begin gedink huwelike kan ook met bemiddeling ontbind word en dat mens met respek en eerbied daar uit stap sonder dat persone in karakter afgebreek is.  Ek het gehoor SP Beeselaar prokureurs doen egskeidings deur bemiddeling en hul genader.  Ek en my ex het gegaan en elkeen het sy wense uitgespreek.  Met Sunel se bemiddeling was ons na twee sessies by n ooreenkoms  waarmee ons beide gemaklik was – in vir beide binne hul reg.  Ek is dankbaar ons het hierdie pad geloop.

Ek moet almal by SP Beeselaar komplimênteer vir die profesionele benadering en diens wat hul gegee het, elke tree wat hul saam met jou gegee het.  By dit moet ek voeg hul ingesteldheid om jou as mens op hul hande te dra in n gebeurtenis wat vir niemand lekker is nie.  Ek kan getuig dat egskeiding deur bemiddeling kan werk.  Daarom kan ek SP Beeselaar prokureurs vir enige iemand aanbeveel wat hierdie roete wil loop. – Dirk de Clerk